
Hosted by Waldo Krugell · AF

Amper twee weke nadat ʼn skietstilstand tussen die VSA en Iran aangekondig is, bly die uitkomste en die gevolge vir die ekonomie onduidelik.

Daar word op die oomblik baie gesê oor die skietstilstand en die VSA se onderhandelinge met Iran. Ek los dit vir die kundiges. Wat ons redelik seker weet is dat dieolieprys nie gaan daal voor skepe nie vrylik deur die Sraat van Hormuz kan vaar nie. ʼn Blokkade skep die soort druk wat die Amerikaners sal laat onderhandel, en Iran besef dit.

Onlangse brandstofprysverhogings laat weer ’n ou maar belangrike vraag ontstaan: as meer mense wat van die huis af kán werk, dit vir ’n deel van die week doen, hoeveelverskil kan dit maak? Die antwoord is dat dit ’n betekenisvolle verskil kan maak, veral vir mense wat gereeld pendel, hoewel dit nie ’n volkome oplossing vir hoër brandstofkoste is nie.

Ek moes gister noodgedwonge by ʼn plek wag en luister toe na hoe mense gesels oor hulle bekommernis oor die brandstofprys en voedselprysinflasie. Hulle is dit eens datR1000 nie meer veel kruideniersware koop nie. Die een ou het later wel gesê dat hy moet by al drie etes ʼn dag vleis eet, en verduidelik waar kry mens lekker t-been kan kry, ‘maar jy gaan moet betaal’. Dit het my laat dink dat terywl onswag vir die skokke om te tref kan ek praat oor wat my eie navorsing oor voedselpryse bevind en dalk help dit iemand om ʼn paar aanpassings te maak wat geld spaar.

Ons staar volgende week reuse brandstofprysverhogings in die gesig. Dit lyk soos amper R6 per liter petrol en meer as R10 per liter diesel. Daar was menigte oproepe om die impak hiervan te versag deur die vehogings in die brandstofheffing en koolstofbelasting uit te stel, of selfs te skrap. Die styging in die heffings is saam 21 sent per liter. Ek sien nie so vinnig ʼn betroubare raaiskoot van hoeveel ekstra belasting-inkomste die verhoging begroot is om te lewer nie, maar een raming is rondom R2,13 miljard. In die totale Begroting is die nie baie nie en deur net uit te stel kan die regering net ʼn deel daarvan verloor. Dit lyk egter nie of dit gaan gebeur nie en daar is belangrike redes om nie met prysseine te mors nie.

Met 20% van die wêreld se olie-aanbod is aan die verkeerde kant van die Straat van Hormuz, is dit tyd om te praat oor die pryselastisiteit van vraag.

Op 'n tydstip dat ons bekommerd is oor 'n brandstofprysskok wat tot inflasie lei, spesifiek voedselinflasie, het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie die eerste tweedae van 'n nasionale ondersoek na Suid-Afrika se voedselstelsel op 13–14 Maart by die Nelson Mandela-stigting in Johannesburg gehou. Volgens die 2024 Huishoudingopname het ongeveer 14 miljoen Suid-Afrikaners daardie jaar honger bed toe gegaan, wat sowat 22,2% van huishoudings verteenwoordig.

Die nuus gaan op die oomblik oor Israel en die VSA oorlog met Iran en Iran se oorlog met die wêreldekonomie. Die olieprysskok gaan lei tot inflasie en jou arm maak, lei dieeen opskrif. Die is nie onmoontlik nie, maar daar is baie dinge wat ons nie verseker weet nie.

Suid-Afrikaners staar moontlik die grootste maandelikse brandstofprysverhoging in die geskiedenis in die gesig wanneer April aanbreek. Die Midde-Ooste-konflik hetBrent-ru-olie al verby $115 per vat laat styg — hoewel dit die week darem onder $100 gebly het. Voeg daarby 'n rand-dollar-wisselkoers tussen R16,50 en R16,80 en nuwe brandstofbelastingverhogings van 21 sent per liter vanaf 1 April, en ons kyk na 'n petrolprysverhoging van enigietstussen R2,50 en R8 per liter, afhangend van hoe lank die ru-olieprys hoog bly. Maar hierdie skok tref nie gesonde huishoudings nie. Suid-Afrikaners is kwesbaar.

Met die vierde kwartaal BBP-syfers wat later vandag bekend gemaak word, gaan ons hoor dat die ekonomie wel in 2025 gegroei het, maar veels te stadig om werk te skep ofarmoede te verminder. Ekonome is dit eens dat hervormings nodig is om die groeikoers te verhoog, maar presies hoe moet daardie hervormings lei tot ekonomiese groei? Ek het die afgelope week ʼn interessante konferensie van Economic Research Southern Africa bygewoon.