
Hosted by Anina.vk · AF

Welkom by episode twee van ons vierdelige reeks langs Amerika se Weskus – van Seattle tot Los Angeles. Oor net twee weke reis ons deur drie deelstate, vier stede en vyf nasionale parke, en in hierdie episode rol ons verder suid in Oregon: The Beaver State.Oregon is anders. Dit is kreatief, eienaardig en trots daarop om nie in ’n boksie te pas nie. Ons begin in Portland, ’n stad met die leuse ‘Keep it weird’. Van koffiekultuur en koskarretjies tot straatkuns en onafhanklike denke. Dis ook hier waar Nike ontstaan het en die bekende Powell boekwinkel pronk. Maar Oregon se magie lê ook buite die stad. Ons verruil asfalt vir natuur en pak Crater Lake aan, waar ’n ysige duik in kristalhelder water op ons wag by die Cleetwood Cove Trail. Daarna vat ons koers na die Rogue Valley, een van Oregon se versteekte juwele, waar wynplase, oop landskappe en rustige paaie die perfekte balans bied ná ’n dag vol avontuur.Hierdie episode is rou, vars en vol verrassings. Skakel in en ontdek hoekom Oregon jou dalk heeltemal gaan verbaas.

Ons skop 2026 af met ‘n vierdelige reeks langs Amerika se legendariese Weskus, van Seattle tot Los Angeles. Oor net twee weke pak ons drie state, vier stede en vyf nasionale parke aan, en neem jou saam op ’n reis vol asemrowende landskappe, ikoniese stopplekke en eerlike reiswenke.Vir die eerste episode trek ons weg in Washington, ook bekend as The Evergreen State. Ons stap deur die strate van Seattle waar dit alles begin het. Van die heel eerste Starbucks tot die bruisende Pike Place Market, waar vars vis, plaaslike geure en straatkunstenaars die stad se hartklop vorm.Maar Washington is soveel meer as net ’n stad. Ons vat die pad uit verby digte woude, indrukwekkende watervalle en oop landskappe, tot by Mount Rainier Nasionale Park. ’n Plek waar natuur jou klein laat voel en stilte ’n nuwe betekenis kry.Of jy nou self droom van ’n roadtrip, of net wil ontsnap deur stories en klanke – hierdie episode is jou perfekte wegspringpunt. Sit terug, skakel in, en geniet hierdie reeks saam met ons.

Vandag is 'n groot episode vir 'n groot stad want ons verken Londen saam met Carla Douglas. Carla is 'n arbeidterapeut en bly en werk al vir die afgelope paar jaar in die Britse hoofstad. Sy maak ons touwys met alles van pub kultuur tot Pimm's, West End tot Wimbledon, die Koninglikes tot die Cockneys. Maak 'n koppie van jou beste Early Grey, sit terug en geniet nog 'n episode van Die Wêreld aan jou Voete.

Welkom by deel twee van ons tweedelige reeks oor die wonders van Indië! Vandag gesels ons met Lize-Mari Jacobs, wat agt maande lank in Gurugram gewerk het en daarna vir ‘n maand deur die land gereis het. Sy neem ons op 'n onvergeetlike reis deur kleurvolle feeste soos Holi en Diwali, verken ikoniese historiese plekke soos die Taj Mahal en die Golden Tempel, en onthul 'n versteekte juweel in die noordelike berge van Kasjmir. En natuurlik kan ons nie oor Indië praat sonder om ‘n oomblik te gee vir al die kossoorte nie — van tradisionele Thali-maaltye tot geurige Dhal-disse. Maak gereed vir 'n episode vol avontuur, kultuur, en smaaklike herinneringe!

In hierdie twee-deel episode gesels ons met Lize-Mari Jacobs oor haar agt maande lange avontuur in Gurugram, Indië. Voor ons in die reisbesonderhede duik, neem Lize-Mari ons op haar persoonlike reis om die ritme van hierdie kleurvolle land vas te vang. Sy deel haar ervaring met yoga filosofie in die land waar dit gebore is, en hoe hierdie antieke wysheid haar lewe verander het. Ons bespreek ook die fynere punte van werk en hoe bande met kollegas vir haar uitnodigings na vier troues verseker het! Kultuurskokke soos ‘Delhi Belly’ mag dalk onvermydelik wees, maar Indië sal dit in soveel ander manier op maak aan jou. Sit terug en geniet hierdie episode wat 'n eerlike blik bied op lewe in Indië.

No, you're not imagining things – we're switching to English today as we expand our horizons just like the travelers we love to feature.Buckle up for Tbilisi, Georgia – the fascinating country nestled between Europe and Asia, not the American state. Today we're discovering a city where centuries-old wine traditions flow as freely as the Mtkvari River.Joining us is digital nomad and writer Erich Rickens, who's taking us from Tbilisi's sulfur baths and colorful balconied neighborhoods to the powder-fresh slopes of Gudauri. Whether you're dreaming of wandering through old town streets or carving turns in the Caucasus Mountains, Erich has stories that will have you booking flights before the episode ends. You can follow more of his adventures through his Substack newsletter Ricko Writes. So grab your coffee, settle in, and let's discover why Georgia should be at the top of every traveler's list.

Vandag verken ons die verborgde juwele van Turkye – ver weg van die gewoel van Istanbul. Kim Van Schalkwyk neem ons op 'n onvergeetlike reis langs die skitterende Turquoise Kus; die droom landskap van Cappadocia met honderde lugballonne op die horison; tot by die majestueuse ruïnes van Ephesus waar geskiedenis op elke hoek wag.Hierdie is die Turkye wat jou hart steel – 'n land waar natuurskoon, ryk kultuur en duisende jare se geskiedenis naatloos saamsmelt. Sit terug, ontspan en geniet hierdie wegbreek na die hart van Anatolië.Luister lekker saam op Spotify of Apple Podcasts 🔗

Sê vir eers cheers vir Europese bestemmings en breek saam met ons weg na ‘n land ver in die Ooste: China.Vandag se episode is lank maar ‘loaded’ soos wat ons deur die strate van Shanghai toer. Ons toergids, Noel Basson, vertel ons van al sy hoogtepunte tydens sy tyd in die pêrel van die Ooste. Van ‘n nors Chinese buurman tot sy eerste marathon tot vreemde tye in Covid, neem Noel ons op ‘n kleurvolle avontuur wat jou sal neem van Puxi tot Pudong.Luister lekker saam op Spotify of Apple Podcasts 🔗

Na ‘n klein ‘hiatus’ is ons terug met jou weeklikse Afrikaanse reis podcast. Ons wittebrood met Italië is nog nie verby nie en die week verken ons die geboorteplek van die renaissance — Florence. Dit is die stad wat eens Galileo en Michelangelo se speelgrond was en vandag nog kuns, geskiedenis, wetenskap en kos moeiteloos laat saam smelt.Ons toergids, Emma Templeman, gaan ons met ‘n negroni in die hand deur hierdie magiese stad lei. Die ewige student Emma is oorpsonklik van Groblersdal, maar het ‘n goeie seisoen in Florence spandeer waar sy haar aansteklike liefde vir Italië ontwikkel het. Luister lekker saam op Spotify of Apple Podcasts 🔗

In vandag se episode duik ons in die betowerende wêreld van Venesië — die stad van water. Ons gesels met JC Landman, wie verlede jaar na die Venesië Biennale toe was vir werk en geïnspireerd teruggekom het. Hy neem ons deur die labirintiese stegies en kanale van hierdie kleurvolle stad en los ons self verlief op die Italiaanse pêrel.Of jy nou die geskiedenis van die stad wil ervaar, die kuns van die Biennale wil verken, of net ‘n lekker cicchetti wil geniet, JC het al die beste raad wat jy nodig het om jou Venesië-avontuur onvergeetlik te maak. Lekker luister en as jy dit geniet om saam te travel, gee ons ‘n volg op Spotify en Apple Podcasts. Wandel WenkeRialto Brug | Die Rialto Brug is een van Venesië se oudste en bekendste brûe, wat die Grand Canal oorsteek en 'n ikoniese simbool van die stad is.San Marcoplein | San Marcoplein is die hart van Venesië, omring deur indrukwekkende argitektuur soos die Sint Markusbasiliek wat die stad se geskiedenis en kultuur uitstraal.Peggy Guggenheim Museum | Die Peggy Guggenheim Museum huisves 'n merkwaardige kunsversameling van moderne meesterwerke in 'n pragtige palazzo aan die Grand Canal.Murano | Murano is 'n klein eiland bekend vir sy tradisionele glas.Burano | Burano is ’n kleurvolle eiland bekend vir sy helder geboue en handgemaakte kant.Biennale | Die Biennale van Venesië is een van die mees gesogte kuns- en kultuurbyeenkomste ter wêreld, wat hedendaagse kuns, musiek en teater vier.Doge’s Paleis | Die Doge’s Paleis is 'n pragtige gotiese gebou wat die politieke en administratiewe sentrum van die stad was en nou 'n museum is wat die geskiedenis van die stad bewaar.Cicchetti | Tiepe tapas eie aan Venesië wat by tradisionele kafees geniet word. Bar All’Arco | Die kafee wat op Stanley Tucci se program ‘Searching for Italy’ was en bekend is vir hulle cicchetti en heerlike broodjies. Pasticceria Tonolo | ‘n Bakkery wat heerlike gebak verkoop van amaretti en biscotti tot bombolone en maritozzo.