
Hosted by RSG · AF

Marinebioloog Maryke Musson vertel hoe jellievis deesdae gebruik word.

In hierdie week se landbounuus: Bek-en-klouseer-entstofbestellings kan nou op RMIS se platform vir veeartse bestel word; Suid-Afrika is weer ’n netto-invoerder van sekere suiwelprodukte; Kleinhandelverkope van trekkers daal; Suid-Afrika se koring-invoertarief is na nul gewysig.

Prof. Phillip Strydom praat oor Dexterbeeste. Hy vertel hoe hulle in boerdery ingespan word, en die aansprake wat oor hulle vleis gemaak word.

Iemand in Noorweë is nagenoeg R86 000 beboet omdat hulle ‘n boot se mishoring gebruik het om ‘n ysbeer uit hibernasie wakker te maak.

Georgia Abrahams vertel vir Martelize Brink van die Groen Piketberg R366 selfry-toersimeroete. Gaste word genooi om te deel in alles wat die omgewing bied.

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die gebruik van lourierblare in kookkuns.

Hulle is almal ouer as sestig, maar oud-skoolhoof Hubert Titus, onderwyser Lukas Minnie en motorwerktuigkundige Leon Hougard het op 28 Junie die pad gevat per fiets vanaf Rundu in Namibië tot in Worcester, hulle tuisdorp. Ons het in Julie met hulle gesels terwyl hulle nog hard besig was om die kronkelpaaie aan te durf. Hulle het intussen veilig op Worcester aangeland. Die span het 2 714 km getrap en meer as R100 000 ingesamel vir evangelisasie en 'n kosprojek.

Arbeidsterapeut Lize Visser verduidelik hoe persone ouer as 60 fisieke oefening moet benader.

Trader Joe’s se gewilde speserymengsel, Everything But The Bagel, word in Singapoer en Suid-Korea verbied omdat dit papawersaad bevat. In Seoel sê hulle dat die mengsel positief toets vir morfien en kodeïen, wat opioïede is wat in die papawerplant se sap voorkom.

Wilma Willemse het 'n voorsmakie van die landbouwêreld gekry toe sy by 'n inlegfabriek gewerk het. En toe kies sy ‘n loopbaan in verpleegkunde. Die landboubedryf het egter hard geroep, en op die ou end het Wilma bedank toe sy die geleentheid gekry het om in Amerika op 'n plaas te gaan werk. Sy geniet elke liewe oomblik, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.