
Hosted by RSG · AF

‘n Kragkabel van £430 miljoen het weens klagtes geskuif. Die beplanning was dat dit op ‘n strand deur die simboliese graf van die karakter Dobby uit Harry Potter sou loop.

Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraars se vrae oor katte en honde.

Haidee Muller-Isaacs gesels met die tienjarige Mischke Greyvensteyn, wat onlangs in Las Vegas gekroon is as die top junior jong aktrise in die wêreld by die Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste. Dis nie 'n sommerso pluimpie nie. Hulle noem dié talentkompetisie immers die Olimpiese Spele van die uitvoerende kunste. Boonop het Mischke opgetree op presies dieselfde verhoog in Las Vegas waar Elvis Presley jare lank opgetree het!

Die wenner van Kokkedoor Son & See, Dirk van der Westhuizen, vertel vir Martelize Brink hoe hy al oor die vingers getik is oor bruinpoeding, en van ’n nuwe nasionale bruinpoeding-kompetisie.

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor die verskeie vorme van bruinpoeding.

‘n Britse fietsryer het ‘n verkeersoortreding aangemeld met ‘n video. Dit het egter ook gewys hoe hy twee oortredings begaan, waarvoor hy meer as R27 000 beboet is!

Namakwaland se blomme is vroeg vanjaar, en ‘n fees vir die oog. Die talle toeriste, aan veral die Weskus-Namakwaland, loop hulle soms vas in die skerp geur wat bo die branders en bamboes kan uitsweef - ‘n trossie bokkoms. Johan Rademan het met Heidie Boonzaaier van Lambertsbaai gesels oor dié kultuurhistoriese simbool van die Weskus en Namakwaland.

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor water, en hoeveel ‘n mens behoort te drink. Dit verskil van mens tot mens.

Ná 20 jaar word ‘n dorp in Kanada verlos van die reuk van vrot vissous. ‘n Maatskappy het die fasiliteit met 110 tenke net so gelos. Dit gaan uiteindelik verwyder word.

Cor Uys vertel vir Martelize Brink van ‘n talentkompetisie vir mense bo 50. Hy sê by die Andante Plus 50-kompetisie is wen nie so belangrik soos deelname nie. Dis ‘n geleentheid om jou talente af te stof.