
Hosted by RSG · AF

Martin de Kock (39) vier vanjaar sy twintigste jaar as fotograaf. Haidee Muller-Isaacs het hom destyds ontmoet toe sy as joernalis by Huisgenoot gewerk het. Martin was pas klaar met skool, en superentoesiasties. Saam het hy en Haidee die langpad aangedurf agter stories aan. En dan was daar die keer toe hulle moes weghardloop vir Prins Harry se kwaai sekuriteitswagte! Ja, hulle het perfekte foto's gekry. Martin was vreesloos. Haidee het met hom gesels oor die afgelope twintig jaar agter die kamera.

‘n Kanadese politikus het die internet aan die gons nadat hy ‘n toespraak gelewer het, wat met behulp van KI geskryf is. Die raad wat KI gegee het, is per ongeluk in die toespraak ingesluit.

Sanger Emilie Minnie vertel vir Martelize Brink van sy ervarings in Oesbekistan, waar hy skoolhou.

Calla du Toit praat oor die ontwikkeling van appelvariëteite soos Pink Lady, wat jare kan duur.

In Japan is daar nou yskaste wat gemaak vir een mens om in te pas. Die doel is om vir ‘n kort tydjie die erge hitte te ontsnap.

In hierdie week se landbounuus: Graan SA spreek sy misnoeë uit oor die JSE se besluit oor sojaboon-liggingsdifferensiaal; Mosambiek wil sy afhanklikheid van Suid-Afrikaanse groente verminder; die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging doen ’n beroep op die landbouminister om ’n nasionale voëlgriep-inentingsprogram te bespoedig; en rosyntjieprodusente oorskry die honderd duisend ton leweringsmerk.

Mediapersoonlikheid Ingrid Jones het tydens 'n besoek aan haar dogter in Seoel, Suid-Kore,a halsoorkop verlief geraak op dié land en sy kultuur. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs wat sy alles ervaar het doer anderkant die water.

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor dille, wat vars of as saad gebruik kan word.

Weens hitte moedig die regering in Japan mans aan om hul baadjie-en-das-werksdrag te ruil vir kortbroeke, t-hemde en tekkies. Vroue kla nou oor beenhaarteistering met dié dat hulle daarin moet vaskyk. Om hulle in ag te neem, laat laser somminge mans nou hulle beenhare.

By die Kogman & Keisie-gasteplaas op Montagu maak Liana Jansen van FIJN Botanicals parfuum uit die veld. Jy kan ‘n dag saam met haar in die ryk geskiedenis van die omgewing pluk en delf. Johan Rademan was daar.