
Hosted by ekerk · AF
Welkom by ekerk Boodskap se Podcast.
By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak.
Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.

Daar is tye wanneer die lewe swaar raak en die toekoms onseker voel. Hoe hou jy aan glo? Hoe bly jy hoop? En hoe sing jy wanneer alles rondom jou uitmekaar val? 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe God ons ook in die donkerste seisoene dra, en hoe lof en vertroue juis daar nuwe betekenis kry. #eKerk #Boodskap

Ons dink dikwels groot oomblikke verander ons lewens. Maar Prediker herinner ons dat dit baie keer die klein, alledaagse keuses is wat oor tyd die grootste verskil maak. In die laaste week van ons reis deur Prediker help 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 ons ontdek hoe wysheid gevorm word in die gewone van elke dag, en hoe die klein keuses wat ons maak uiteindelik die rigting van ons lewens bepaal. #eKerk #Boodskap

Ons verwag dikwels dat die lewe volgens sekere reëls moet werk. Doen die regte ding en alles sal uitwerk. Maar wat gebeur wanneer die lewe nie so verloop nie? In ons reis deur Prediker help 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 ons ontdek hoe wysheid lyk wanneer die lewe ingewikkeld raak, wanneer vrae onbeantwoord bly en wanneer God se pad nie altyd maklik verstaanbaar is nie. #eKerk #Boodskap

Partykeer voel dit asof ons beste dae agter ons lê. Drome raak oud, energie raak minder en die lewe voel beperk deur ons eie "sell by date". Maar God werk nie volgens ons tydlyne of etikette nie. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe God nuwe moontlikhede, nuwe hoop en nuwe lewe bring, selfs wanneer ons dink ons tyd het verbygegaan. #eKerk #Boodskap

Hierdie maand kuier ons saam met die uiterse inspirende Jacqueline de Lange van die #GoodMoodClub in Pretoria. Jacqueline is as oudiometris, maak sy so groot verskil in verskeie aftree-oorde en ouetehuise in Pretoria. Vandag kuier ons saam oor die stories van die senior volwassenes en die wonderwerke wat sy en haar span elke dag sien. Indien jy wil betrokke raak, kan jy Jacqueline direk skakel by 072 592 6122

Ons wag dikwels vir die groot oomblikke van die lewe. Tog ontmoet God ons dikwels in die gewone, die alledaagse en die eenvoudige gawes van elke dag. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons ontdek hoe God se goedheid sigbaar word in die gewone ritmes van die lewe, en hoe ons met oop hande kan leef vir die gawes wat Hy vandag gee. #eKerk #Boodskap

Ons woorde het gewig. Ons geld vorm ons keuses. Ons soeke na genot verklap dikwels wat vir ons die belangrikste is. Prediker nooi ons om eerlik na hierdie dinge te kyk in die lig van God se teenwoordigheid. In die derde week van ons reis deur Prediker help 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 ons ontdek hoe wysheid groei wanneer ons ons woorde, ons besittings en ons begeertes voor God leer weeg. #eKerk #Boodskap

Die lewe bestaan uit seisoene. Tye van vreugde en tye van verlies. Tye van bou en tye van afbreek. Prediker herinner ons daaraan dat wysheid nie begin wanneer ons alles verstaan nie, maar wanneer ons God leer ken te midde van die wisselvalligheid van die lewe. In die tweede week van ons reis deur Prediker help 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 ons ontdek hoe 'n dieper kennis van God ons leer om die lewe met groter wysheid, perspektief en vertroue te lees. #eKerk #Boodskap

Daar is dae wanneer die lewe deurmekaar voel. Vrae bly onbeantwoord, planne val uitmekaar en sin is moeilik om te vind. Tog bly God goed, selfs wanneer ons nie alles verstaan nie. Ons begin hierdie Sondag 'n reis van 7 weke deur die boek Prediker. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 ontdek saam met ons hoe God se goedheid nie verdwyn wanneer die lewe ingewikkeld raak nie, maar juis daar sigbaar word tussen die vrae, onsekerheid en raaisels van die lewe. #eKerk #Boodskap

Geduld wag vir iets om te verander. Hoop hou aan glo, selfs wanneer niks nog verander het nie. Daarom is hoop soms moeiliker as geduld. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor hoe God ons leer om nie net te wag nie, maar om met hoop te leef in die middel van onsekerheid, wagtyd en vrae. #eKerk #Boodskap