
Hosted by ekerk · AF
Welkom by ekerk Boodskap se Podcast.
By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak.
Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.

Welkom by 𝗲𝗞𝗲𝗿𝗸 𝗡𝗼𝗼𝗱 - 𝗗𝗶𝗲 𝗦𝘁𝗼𝗿𝗶𝗲𝘀 In hierdie episode gesels ons met 𝗠𝗮𝗿𝗶𝗻𝗮 𝗕𝗿𝗶𝗻𝗸 van 𝗙𝗲𝗲𝗱 𝗧𝗵𝗲 𝗙𝘂𝘁𝘂𝗿𝗲, 'n organisasie wat dit op die hart dra dat geen kind honger gaan slaap nie. Marina deel openhartig oor Feed Our Future se werk in gemeenskappe, hul volhoubare voedselprojekte en vertel die stories wat elke dag in haar leefwêreld afspeel. Luister, leer, en word geïnspireer. Besoek www.feedthefuture.co.za om betrokke te raak. Kontak Marina gerus by: 082 430 8102 #ekerk #ekerknood #feedourfuture

Ons kom almal na Jesus toe met iets in ons harte: vrae, behoeftes, verwagtinge. Maar wat soek ons regtig by Hom? 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons om eerlik te kyk na ons diepste soeke en te ontdek hoe Jesus ons ontmoet, vorm en uitnooi na iets groter as wat ons self verwag. Kom kuier saam. #eKerk #Boodskap

Ons almal struikel soms, maak foute, val verkeerd en verloor rigting. Maar God los ons nie daar nie. Hy tel op, herstel en help ons om weer regop te staan. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe God ons dra deur ons val en ons vorm tot mense wat weer kan opstaan en vorentoe leef. Kom kuier saam.

Soms leef ons agter geslote deure. Vasgevang in vrees, onsekerheid of twyfel. Tog is dit juis dáár waar Jesus inkom… nie afgeskrik deur ons grense nie, maar naby, teenwoordig en vol vrede. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons ontdek hoe Jesus ons ontmoet agter ons geslote deure en nuwe lewe en hoop bring. Kom kuier saam.

Welkom by eKerk Nood - Die Stories. In hierdie episode gesels ons met Jaco Strydom van Echo Youth, 'n organisasie wat al 25 jaar met moeilikheid besig is. Moeilikheid is hul besigheid, en besigheid is booming. Jaco deel eerlik oor Echo Youth se unieke gemeenskapsmodel, hul plaasprojek en die kinders wie se lewens verander het toe iemand besluit het om te bly. Want elke kind het iemand nodig, nie net iets nie. Luister, leer, en word geïnspireer. Besoek www.echoyouth.co.za om betrokke te raak. Kontak Jaco gerus by: jacostrydom@icloud.com / 084 477 7123 #ekerk #ekerknood #echo

Op Opstandingsondag kyk ons weer, en hierdie keer sien ons nie net die kruis nie, maar die leë graf. Ons sien Jesus… lewendig, oorwinnaar, en naby aan ons. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om die vreugde, hoop en nuwe lewe van die opstanding opnuut te ontdek. Kom kuier saam en vier die lewe wat Jesus bring!

Op Goeie Vrydag staan ons stil by die kruis, en ons kyk weer. Nie net na wat gebeur het nie, maar na Wie daar hang. Ons sien Jesus… Sy liefde, Sy lyding, Sy oorgawe vir ons. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om stadiger te kyk, dieper te sien en die betekenis van die kruis opnuut te ontdek. Kom kuier saam en laat God jou hart aanraak in hierdie heilige oomblik.

Ons leef in ’n wêreld wat vinnige oplossings en maklike uitweë soek. Maar God se pad is dikwels nie die kortpad nie. Dit is die pad wat vorm, verdiep en ware lewe bring. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoekom die pad saam met Jesus nie altyd die maklikste is nie, maar altyd die regte een. #eKerk #Boodskap

Soms voel dit asof God te laat opdaag. Asof die deur al toegemaak het en hoop al verdwyn het. Maar juis daar wys die evangelie vir ons dat God se tyd anders werk as ons s’n. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons ontdek hoe God selfs in oomblikke wat vir ons te laat voel, nuwe lewe en hoop bring. #eKerk #Boodskap

Soms dink ons ons verstaan alles klaar. Ons weet mos. Maar juis daar kan geloof begin stagneer. Wat gebeur wanneer God ons uitnooi om weer met oop oë, nederigheid en nuuskierigheid na Hom te luister? 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor hoe die woorde “ons weet” soms ons harte kan sluit vir wat God nog vir ons wil wys.