
Hosted by ekerk · AF
Welkom by ekerk Boodskap se Podcast.
By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak.
Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.

Dankbaarheid is meer as net ’n gevoel, dit is ’n manier van leef. Wat gebeur wanneer ons nie net dankbaar voel nie, maar doelbewus begin leef as mense wat God se goedheid raaksien en vier? 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe ’n “dankvinderige” hart ons perspektief verander en ons nader aan God se vreugde bring. Kom kuier saam by ons eKerk Boodskap.

God nooi ons nie om op ’n afstand te bly nie, maar om nader te kom. Om te waag om diep in Sy teenwoordigheid in te stap. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 lei ons om weer te ontdek hoe gebed, oorgawe en vertroue ons al die pad tot in God se hart bring.

Ons leef in ’n wêreld wat die vinnigste, maklikste uitweg soek. Maar Jesus kies dikwels ’n ander pad. Een wat dieper gaan, meer vra en ware lewe bring. Kom kuier saam met 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 by eKerk Lewendig, waar ons ontdek hoekom Jesus nie die maklike pad vat nie… en wat dit vir ons eie geloofsreis beteken.

Ons geloofspad is nie altyd reguit nie. Soms stap ons sterk, soms struikel ons, en soms moet ons weer opstaan. Maar Jesus bly die Een na wie ons kan terugkeer, elke keer weer. Kom kuier saam met 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 by eKerk, waar ons ontdek hoe God ons dra deur elke stap, elke val en elke nuwe begin op pad na Jesus toe.

Wat bly by mense agter wanneer hulle by jou wegstap? Nie net wat jy sê of glo nie, maar wat hulle ervaar. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor hoe ’n lewe naby aan God ’n geur, ’n smaak, ’n lig word wat ander kan aanvoel en beleef. Ons staan stil by Psalm 15 en Matteus 5:13–17 en ontdek hoe God se teenwoordigheid deur gewone mense sigbaar en tasbaar word. Kom kuier saam as eKerk-familie.

As jy net een versoek voor God kon bring, wat sou dit wees? 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om stil te raak by hierdie eerlike vraag en te ontdek wat dit openbaar oor ons harte, ons begeertes en ons verhouding met God. Soms lê die diepte van gebed nie in baie woorde nie, maar in een egte verlange. Kom kuier saam by eKerk en laat God jou hart vorm in hierdie eenvoudige, maar diep boodskap.

Hoe voel Jesus? Hy is vol medelye, vreugde en hoop wanneer mense tuiskom. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om eerlik te kyk na ons emosies in gebed, en hoe gebed ons harte stadig maar seker gelyk laat klop met Jesus s’n.

Ware gebed bly nie by woorde nie, dit begin beweeg. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 wys ons hoe gebed ’n lewe vorm wat optree, omgee en doen. Gebed eindig nie by “Amen” nie; dit begin daar.

In ’n wêreld vol afleiding vra Jesus ’n eenvoudige, maar radikale vraag: Wat is regtig nodig? 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe gebed begin by die regte postuur. Om by Jesus se voete tot rus te kom en betekenis by Hom te vind.

Gebed begin nie by wat ons doen of regkry nie, maar by Jesus se uitnodiging: “Kom na My toe.” 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 herinner ons dat gebed nie die plek is waar ons onsself reg bid nie, maar waar ons tot rus kom by God, onsself laat vind en leef uit Sy genade en teenwoordigheid.