
Hosted by ekerk · AF
Welkom by ekerk Boodskap se Podcast.
By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak.
Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.

Ware gebed bly nie by woorde nie, dit begin beweeg. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 wys ons hoe gebed ’n lewe vorm wat optree, omgee en doen. Gebed eindig nie by “Amen” nie; dit begin daar.

In ’n wêreld vol afleiding vra Jesus ’n eenvoudige, maar radikale vraag: Wat is regtig nodig? 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe gebed begin by die regte postuur. Om by Jesus se voete tot rus te kom en betekenis by Hom te vind.

Gebed begin nie by wat ons doen of regkry nie, maar by Jesus se uitnodiging: “Kom na My toe.” 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 herinner ons dat gebed nie die plek is waar ons onsself reg bid nie, maar waar ons tot rus kom by God, onsself laat vind en leef uit Sy genade en teenwoordigheid.

Ons begin dikwels ’n nuwe seisoen met hope, drome en netjiese planne. Maar wat gebeur wanneer God ons nooi om eers Sy plan te leer ken? Selfs wanneer dit ons eie planne uitdaag? 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons nadink oor vertroue, oorgawe en die vryheid wat kom wanneer ons God se plan vir ons lewe leer ken bo ons eie. #eKerk #Boodskap

Geseënde Kersfees! Stephan Joubert gesels met ons op hierdie spesiale dag.

Vandag gesels ons oor die tema: "Kyk en leef die regte Jesus raak." Maak nie saak waar jy is of wanneer jy inskakel nie – jy's welkom hier! Laat ons saam die krag en waarheid van Jesus ontdek.

Kom Vind Goeie Nuus vir ’n Moeë Hart Teen die einde van ’n uitdagende jaar voel baie van ons moeg en oorlaai. Ontdek hoe Advent ons herinner aan hoop en krag in moeilike tye. Kom hoor hoe ons kan herlaai en voorbereid wees vir die jaar wat voorlê.

Het 2024 jou gevoel laat soos ’n skip in ’n woeste storm—deurmekaar, uitgeput, en sonder hoop? Ons almal het hierdie jaar se uitdagings op verskillende maniere ervaar, maar God hou ons vas wanneer die winde woed en die golwe ons wil oorweldig. Sluit aan by hierdie #EkerkLewendig #Preek waar ons saam ontdek hoe ons in geloof kan stande bly, selfs wanneer die storms van die lewe ons tref. Ontvang hoop, bemoediging, en die belofte van God se krag te midde van jou moeilikste tye.

Stephan Joubert kuier vandag saam met ons oor die vraag: "Doen Jesus nog wonders?". Ontdek hoe Jesus steeds in ons lewens werk en hoe Sy krag 'n verskil kan maak, ook in joune.

Hoe laat ons die Heilige Gees ons lei teen die stroom van die wêreld en uiteindelik stroomaf in God se genade? Kuier saam met Stephan Joubert