
Hosted by ekerk · AF
Welkom by ekerk Boodskap se Podcast.
By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak.
Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.

Wat hou jou geloof op? Kom ontdek die "stellasies" in ons lewens wat ons geloof ondersteun, en soms ook beperk. Ons duik in die verhaal van Paulus en hoe hy die Evangelie met wysheid en liefde verkondig het, selfs in uitdagende kulturele kontekste. Wat beteken dit om die Evangelie in elke kultuur in te dra, soos Jesus self gedoen het?

Kom ervaar saam terwyl ons kyk na wat dit beteken om in ons nuwe identiteit in Christus te leef. Ons gesels oor die ou dinge wat ons mag agterlaat, en hoe ons die nuwe lewe in Sy genade en liefde kan omhels. Dit gaan oor meer as net “reg lewe”—dis ’n uitnodiging na ’n transformerende verhouding met Christus wat elke aspek van ons lewe raak.

Stephan Joubert gesels met jou en my oor hoe God se genade sterk aan die werk is... in ons lewens!

Hierdie week delf ons in die krag van genade – sterker as wat jy ooit kon dink en daagliks aan die werk in ons lewens. Kyk saam en ontdek hoe hierdie genade jou lewe kan verander!